Ahwaan Fortuin, ’n gr. 10-leerder aan die Hoërskool Cloetesville, het Saterdag 28 September uit Nederland teruggekeer waar hy en ander leerders ’n sokkertoer onderneem het.
Die toernooi is deur die stigting The Friends of Stars in Their Eyes gehou.
“Die omgewing was lekker rustig en veilig. Die wedstryde was moeilik. Die oorsese klubs se spel is meer gevorderd. Daar was wedstryde waar ons gesukkel het,” vertel Fortuin oor sy ervaringe.
Die groep het twee sokkerklubs en verskeie plekke besoek.
Dit was die skool se vierde toer na Nederland.