Die kranige amateurfotograaf Cobus Germishuys het weer eens sy kamera byderhand gehad om dié prag-sonsopkoms van die wynlandgoed Kanu te neem. “Die lug se kleur was soos karamel-toffie met die sonsopkoms oor die Stellenbosch-vallei,” skryf die man, alombekend as die “wynengel”. Eikestadnuus nooi lesers om hul foto’s van tonele en gebeurtenisse in en om die groter Stellenbosch-gebied vir moontlike publikasie te stuur. Foto’s moet minstens 500 KG wees en teen Maandag 14:00 per e-pos na [email protected] gestuur word. Foto: Cobus Germishuys


 

You need to be Logged In to leave a comment.