‘n Storm is op sosiale media ontketen nadat ‘n foto van twee Maties-vrouestudente met swart geverfde gesigte op Instagram gedeel is.
Netwerk24 berig die foto is blykbaar deur ‘n mentor van die Heemstede-vrouekoshuis gedeel.
Universiteit Stellenbosch (US) moes verlede jaar ook bontstaan ná ‘n insident waar twee mansstudente hulself swart geverf het om as die Williams-susters vir ‘n partytjie aan te trek.
James de Villiers, hoof van kommunikasie by die US-studenteraad, sê om jouself swart te verf behoort nie in 2016 aanvaarbaar te wees nie aangesien dit ‘n verdere aanduiding van die “uitsluitende insitusionele kultuur” is.
Volgens De Villiers is die insident by die universiteit se sentrale dissiplinêre komitee aangemeld.
Die foto het te midde van nuwe besprekings oor Universiteit Stellenbosch se taalbeleid en ongelukkigheid met die nuwe bestuur van die US-konvokasie verdere omstredenheid veroorsaak.
another blackface incident. okay Stellenbosch yts. we get it. you’re racist
— ni-le (@siwinile_) February 5, 2016
Stellenbosch really needs to add understanding #blackface is wrong to their minimum entry requirements.
— Kagiso Zwane (@KagisoZ) February 5, 2016
Whites in Stellenbosch black facing in 2016! Haibo, expel racists! @WimdeVilliers @StellenboschUni @StelSRc https://t.co/4KRrsdoW8e
— Jodi X (@Jodi_Will) February 5, 2016
Let’s wear whitefaces, fight fire with fire. #stellenbosch #blackface
— Suq Madiq (@Naledi__M) February 5, 2016