Die o.13A-rugbyspan van die Laerskool Stellenbosch is die afgelope vakansie as die span van die toernooi by die Rooikat-toernooi aangewys. Dié toernooi is by Augsburg-Landbougimnasium in Clanwilliam gehou. Die span het al vier sy wedstryde oortuigend gewen en uitstekende rugby gespeel. Adeeb Boraine is aangewys as die beste agterspeler van die toernooi. Die span is Wade Amerika, Ulin Joubert, Zander Zuidmeer, Lukas Heyns, Liam Filander, Stefan van Heerden, Christiaan Heyns, Marcel Vosloo, AJ Jafta, Martin Bezuidenhout, Adeeb Boraine, Jaden Steyn, Simon Guelpa, Caleb Diedericks, Jan-Jan Nel, Dulan van Wyk, Jakobus Hoon, Marthinus Fourie en Romario Kivido.