Die o.11-span van die Cloetesville-sokkerklub is Saterdag 30 September as die ligawenners van die Stellenbosch-sokkervereniging gekroon nadat hulle by die Cloetesville-sportterrein met 1-0 oor Warriors SA in die liga-eindstryd geseëvier het. Jaylim Malgas is ná die wedstryd as die Speler van die wedstryd benoem en Leethan Adams as die top-doelskieter. Volgens Tyrone Manuel, koördineerder van die klub se junior afdeling, is die meeste van die spelers inwoners van Cloetesville. “Hulle het hul harte uitgespeel en die oorwinning soos regte kampioene gevier. Dit was vir die spelers en die bestuurspan ’n oorweldigende ondervinding,” sê hy. “Ons het baie uitdagings, maar dié jong seuns het vir ons gewys dat spanwerk wel tot sukses lei.”Foto:

Credit: SYSTEM

Trots op die liga-trofee wat hul o.11-span verower het. Van links is Tyrone Manuel (junior koördineerder), Charlene Lakay (tesourier), Raltson Lakay (voorsitter) en Owen Slingers (ondervoorsitter).Foto:

You need to be Logged In to leave a comment.