Die Coronation-rugbyklub het Saterdag 11 November sy prysuitdeling in die Rietenbosch-saal gehou. Die klub se topspelers, ondersteuners en administreerders van die 2023-klubrugbyseisoen is by die glansgeleentheid vereer. Die Blitsbok Selwyn Davids was die gasspreker vir die aand. Die klub het vanjaar in die Westelike Provinsie Rugbyunie se Noordelike liga gespeel en sal weer aanstaande jaar in dié liga speel. Die Adrian Arendse Courageous-trofee is aan Mekaeel Pool (regs) toegeken. Lee-Ann Arendse het die trofee aan Pool oorhandig.

Diyego Lakey (Jong Speler van Jaar), Selwyn Davids en Clayton April (beste agterspeler: eerste span).Foto:

Hennie Peterson (middel) is vanjaar die spelers se Speler van die Jaar. Hy het sy trofee van Willie en Patricia Rhode ontvang.Foto:

Crizano Robyn (regs) is die Coronation-rugbyklub se Speler van die Jaar. Chris Bantham, die trofeeborg, het sy prys aan hom oorhandig.Foto:

Tauriq Patel (middel) het met die gesogte Sportman van die Jaar-titel weggestap. Hy het sy trofee van die Blitsbok Selwyn Davids en die voorsitter, James Manuel, ontvang.Foto:

Die voorsitter-pryse is aan Quentin Isaacs (links) en Johan Adonis (regs) toegeken. Die klubvoorsitter, James Manuel, het die pryse self oorhandig.Foto:

Die Coronations Young Guns (van links) is Diyego Lakey, Elvredo Lakey, Duane September, Selwyn Davids, Bryan Isaacs, Clayton April en Miguel Johnson.Foto:

You need to be Logged In to leave a comment.