Suksesvolle vonnisopleggings is ’n trotse oomblik vir speurders van Klapmuts-polisie – wanneer hulle sien hoe hul ondersoek help om geregtigheid te laat seëvier.
Sers. Bernadine Arendse, woordvoerder van die Klapmuts-polisie, sê daar is vier sake se vonnisopleggings wat ’n goeie voorbeeld van misdadigers maak.
“Dit wys dat misdaad in die gemeenskap nie geduld sal word nie.”
In 2018 is ’n jongman in hegtenis geneem omdat hy gesteelde kabels in sy besit gehad het. Ná vier jaar is hy skuldig bevind en vyf jaar tronkstraf opgelê. Twee jong mans, 25 en 26 jaar oud, is albei 15 jaar tronk toe gestuur, dít nadat hulle in April 2020 ’n 62-jarige man van sy selfone en R200 beroof het.
In ’n afsonderlike voorval in 2020 het twee broers, 21 en 24 jaar oud, ’n man op die Heldersig-plaas doodgesteek. Dié tragedie volg nadat die slagoffer met die verdagtes se ma gestry het. Die een het 13 jaar tronkstraf gekry, waarvan vyf jaar opgeskort is.
Die ander broer is 12 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vier jaar opgeskort is vir vyf jaar. In nog ’n geval van kabeldiefstal is drie mense in November 2020 aangekeer en in hegtenis geneem. Slegs een van die verdagtes, ’n 37-jarige vrou, is skuldig bevind en is 10 jaar tronkstraf opgelê.
Vier jaar is vir vyf jaar opgeskort.
Al vier sake het in die Paarl-streekhof voorgekom waar die skuldigbevindings ook uitgespreek is.. Successful convictions are a proud moment for Klapmuts police detectives, as they see how their investigations are helping to bring about justice.