Die kinders, almal van Pniël Primêr en Nsamo Primêr, is getrakteer op verskillende aktiwiteite soos rugby, sokker, atletiek, netbal, tennis en basketbal. Foto:


Altesaam 1 000 kinders het Dinsdag 18 Julie aan die Pniël Villagers-rugbyklub se Mandela­dagvieringe deelgeneem.

Die kinders, almal van Pniël Primêr en Nsamo Primêr, is getrakteer op verskillende aktiwiteite soos rugby, sokker, atletiek, netbal, tennis en basketbal.

Die program is verdeel in drie sessies van ongeveer 45 minute elk en kinders het in hul verskillende grade sportstasies besoek en deelgeneem aan onderskeie afrigtingsklinieke.

Die klub het ook 1 000 kospakkies uitgedeel.

Die program was opverdeel in drie sessies van verskeie sport afrigtingsklinieke.Foto:

Die Villagers-rugbyklub het 1 000 kospakkies uitgedeel.Foto:

“Een van Pniël Villagers-rugbyklub se sewe strategiese doelwitte is om ’n aktiewer rol in die gemeenskap te speel. Die doelwitte van Nelson Mandeladag was vir seker ’n goeie geleentheid om deur middel van samewerking met die plaaslike skole hierdie doelwitte te kon bereik,” sê die klubvoorsitter en koördineerder van die dag, Winston Stubbs.

Hy sê dat goeie samewerking tussen Pniël Villagers, Coronation-krieketklub van Pniël en Lanquedoc All Stars-rugbyklub die dag se suksesse moontlik gemaak het.

“Sportfederasies wat die onderskeie sportklinieke bestuur het en vir wie ons baie dankbaar is, sluit in Boland Atletiek, Stellenbosch-sokkerklub, Dwarsrivier Netbal, Dwarsrivier Basketbal en Aubrey Noble.”

You need to be Logged In to leave a comment.