Cate Stofberg by Zimbili Zibiya, die president van die Stellenbosch- Toastmastersklub.Foto:


Hoërskool Stellenbosch se gala-aand van die Toast­masters is Dinsdag 23 April in die skool se voorportaal gehou.

Dit is ’n jeugleierskapskursus wat aangebied word deur die Stellenbosch-Toastmasters vir HSS se graad 11-leerders. Die doel van die toesprake was om die gehoor te inspireer. Die twee leerders wat die aand as die wenners aangewys is, is Dominic Southon en Cate Stofberg.

Dominic se toespraaktitel was “Your future”. Hy het die jeug van vandag geïnspireer om self keuses te maak wat hul toekoms betref en eienaarskap te neem.

Cate Stofberg se toespraak oor “The power of kindness” was treffend omdat sy beklemtoon het hoe belangrik dit is om gaaf teenoor almal te wees. Sy het selfs elke lid van die Toastmasters wat die kursus saam met haar voltooi het in haar toespraak gekomplimenteer.

Hierdie twee sprekers verteenwoordig HSS by die streekkompetisie wat in Augustus plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.