Spring gou met aansoek vir 2025-skooljaar

Dit is al weer daardie tyd van die jaar!.


Dit is al weer daardie tyd van die jaar!

Ouers en voogde moet hul papierwerk in orde kry om vir die 2025-skooljaar aansoek te doen. Aanlyn aansoeke open Maandag 11 Maart.

Aansoeke vir graad een en agt open om 00:01 op 11 Maart en sluit om 23:59 op Vrydag 12 April.

Hierdie eerste toelatingsvenster maak vanjaar slegs voorsiening vir aansoeke vir gr. 1 en gr. 8. Ouers wat wil aansoek doen vir graad R of ’n oorplasing tussen skole in gr. 2 tot gr. 7 en gr. 9 tot gr. 12 sal in die tweede toelatingsvenster tussen 1 en 16 Augustus kan aansoek doen.

Die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD) doen ’n beroep op alle ouers en voogde met kinders wat volgende jaar na gr. 1 en gr. 8 gaan, om asseblief die nodige dokumente vir hul aansoeke bymekaar te kry en te laat sertifiseer.

Die volgende gesertifiseerde dokumente sal vir alle aansoeke vereis word:. Die laaste amptelike skoolrapport; . Bewys van identiteit: ID, geboortesertifikaat of paspoort van die leerder, en in die geval van ’n buitelandse leerder: paspoort of ’n studiepermit of bewys van aansoek om ’n studiepermit, of ’n afskrif van die ouer se asielsoeker- of vlugtelingpermit, of ’n polisie-eedsverklaring indien hierdie dokumente nie beskikbaar is nie;. Inentingsertifikaat (Road to Health Chart) in die geval van ’n laerskoolaansoek; en. Bewys van adres (munisipale rekening, huurooreenkoms of ’n beëdigde verklaring wat verblyf bevestig).

Om die nodige gesertifiseerde dokumente vooraf bymekaar te kry, sal die aanlyn aansoekproses vergemaklik. Vir aansoekers wat al die nodige dokumente het, neem dit volgens die WKOD slegs 15 minute om die aansoek te voltooi en die dokumente aanlyn te laai.

Afskrifte van die nodige dokumente kan by enige polisiekantoor of poskantoor gesertifiseer word. Hou hierdie kopieë bymekaar, want die harde kopieë moet later vanjaar by die finale skool waarby jou kind aanvaar is, ingedien word.. Nog inligting oor die toelatingsproses kan gevind word by:

https://wcedonline.westerncape.gov.za/admissions
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.