Van links is Magmoed Kara (tuinier), Leon Thiart (SAIE) en Abraham Jacobs (tuinier) in die gemeenskapstuin by
Idasvallei Primêr. Die tuiniers kry binnekort opleiding en sproeiers vir die tuin danksy die Suid-Afrikaanse Instituut vir Entrepreneurskap (SAIE). Die tuin is tans in Kara en Jacobs se hande, wat saam seker maak die groente groei goed. Thiart was Dinsdag (22 Julie) byderhand om die planne vir die tuin te bespreek. Dit is aanvanklik met skenkings ingerig, maar moet uiteindelik finansieel volhoubaar wees danksy die verkope van oeste. FOTO: Yaël Malgas

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article