St. Idas R.K. Primêre Skool samel geld vir e-leer-hulpbronne in. Die skoolhoof, Glynis Rippenaar, is dankbaar aan ouers en onderwysers wat skenkings gedoen het en doen ’n beroep op ondernemings in die dorp om dieselfde te doen. Die skool vier vanjaar sy 80ste bestaansjaar. Verskeie geleenthede sal nog plaasvind om geld in te samel en die skool se verjaardag te vier, insluitend ’n middagtee Saterdag 2 November en ’n dankseggingsdiens Sondag 10 November asook ’n foto-uitstalling wat nou by die skool aan die gang is. Agter van links is Brosnan September, Mekhayle Adriaanse, Rippenaar, Johnwin Constable en Zavian Humpries. Voor: Ischka Linders, Farryn Otto, Tanecia Michaels en Kayley West..Foto: Elmarine Anthony