Stappe om te in ’n noodgeval met ’n kind te volg

’n Noodgeval, veral een waar ’n kind betrokke is, kan enige een van koers af kry; jou reaksie kan die verskil tussen die lewe en dood beteken.


’n Noodgeval, veral een waar ’n kind betrokke is, kan enige een van koers af kry; jou reaksie kan die verskil tussen die lewe en dood beteken.

Daarom het Netcare 911 ’n lys wenke gedeel, sodat jy die korrekte prosedures volg wanneer jy jouself in ’n noodgeval met ’n kind bevind.

  • Kontak mediese nooddienste, soos Netcare 911, of vra iemand ander om te bel terwyl jy die kind se toestand assesseer.
  • Kyk of die kind by sy of haar bewussyn is. Indien nie, is die ’n mediese noodgeval en dringende mediese bystand is nodig.
  • Moenie die beseerde kind beweeg nie, net as dit is om hom of haar uit ’n gevaarlike situasie te kry. Moenie die kind beweeg as jy bekommerd oor moontlike ruggraatbeserings of enige frakture is nie.
  • Kyk of die kind se lugweë oop is, of hy of sy asemhaal en voel vir ’n pols. Indien daar geen pols is nie, pas onmiddellik kardiopulmonêre resussitasie (KPR) toe.
  • Wees op die uitkyk vir oormatige of onbeheerde bloeding. Stop oormatige bloeding deur druk op die wond toe te pas.
  • Indien jou kind ’n kopbesering opdoen, veral in die geval ban kleiner kinds, is dit belangrik om jou kind vir ’n mediese ondersoek te neem – al het die kind nie bewussyn verloor nie. As jou kind ná die kopstamp lomerig of meer slaperig as gewoonlik is of begin braak, kan dit ’n teken van ’n ernstige kopbesering wees.

As jy onseker is of jy wel jouself in ’n noodgeval vind, kan Netcare 911 jou help. “Indien jy onseker is of jou kind mediese versorging nodig het, kan die Netcare 911-noodsentrum (082 911) jou help deur kundige hulp te verskaf om te bepaal watter stappe nodig is, enige tyd van die dag of nag,” het Gary Paul, die hoof van kus operasies by Netcare 911, gesê.

Die sentrum het opgeleide mediese noodpersoneel om inbellers in ’n noodgeval te ondersteun, deur aan persone te verduidelik hoe om die pasiënt by te staan tot die paramedici op die toneel arriveer.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.