Stellenbosch-gimnaste op wêreldverhoog in Amsterdam

Vyf gimnaste van Stellenbosch is onder 171 Suid-Afrikaanse gimnaste wat van 30 Julie tot 5 Augustus aan die 17de Wêreld-gimnaestrada in Amsterdam deelneem.

Van links is Bernice Pool, Annette Nel, JC Nel, Abby Smit en Jo-Anne Meldau.

Credit: SYSTEM

Vyf gimnaste van Stellenbosch is onder 171 Suid-Afrikaanse gimnaste wat van 30 Julie tot 5 Augustus aan die 17de Wêreld-gimnaestrada in Amsterdam deelneem.

Sowat 19 000 deelnemers vanuit 60 lande neem vanjaar deel.

Jo-Anne Meldau, Bernice Pool en Annette Nel van die Van Der Stel-gimnastiekklub en JC Nel en Abby Smit van Stellenbosch Gimnastiek oefen reedssedert verlede jaar saam met die 45 gimnaste uit die Wes-Kaap om betyds vir die groot geleentheid reg te wees.

Hierdie is die derde gimnaestrada waaraan Annette Nel deelneem. Sy was ’n deelnemer in 1975 in Berlyn en 1982 in Zurich. Vanjaar is sy een van die afrigters van die span.

Gedurende die week van die gimnaestrada vind massa-items in die Olimpiese Stadion plaas en kleiner groepe neem in die RAI-sportsentrum deel. Die jongste lid van die Suid-Afrikaanse span is sewe jaar oud en die oudste is 70.

Die Wêreld-gimnaestrada is ’n nie-kompeterende byeenkoms wat elke vier jaar plaasvind. Dit is die grootste getal gimnaste wat aan enige gimnastiekbyeenkoms deelneem en word vergelyk met die skaal van die Olimpiese Spele. Hierdie is ’n geleentheid vir gimnaste om roetines te doen bloot vir die liefde van die sport.

Hierdie jaar is die 12de keer dat Suid-Afrika ’n span na die byeenkomsstuur.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.