Stellenbosch-hospies se droomspan het onlangs geskiedenis gemaak deur meer as R24 000 vir die organisasie in te samel. Die hospies het onlangs sy eerste lootjietrekking gehou. Kaartjies het danksy talle wonderlike pryse op die spel soos soetkoek verkoop. Bewewens verskeie skenkings van pryse, het ‘n paar plaaslike sportsterre ook gehelp. Die Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer Chad le Clos het Vrydag (27 Junie) die hospies-bestuurder, Jennilee Geduld, met die trekking van die pryse gehelp. Die Orlando Pirates-speler en Stellenbosser Deano van Rooyen en Lee Langeveldt (doelwagter van Stellenbosch-sokkerklub) was ook byderhand. Le Clos en sy ouers, Bert en Geraldine, het hulle daartoe verbind om die hospies deur die Chad le Clos-stigting te help. Suster Hildarose Swart van die hospies het met 80 kaartjies die meeste lootjiekaartjies verkoop. Van links is suster Swart, Van Rooyen, Geduld, Le Clos en Langeveldt. Foto: Yaël Malgas Swemmer Chad le Clos help die hospies se bestuurder Jenilee Geduld met die trekking. FOTO: Yaël Malgas