Kankeroorwinnaars die afgelope naweek by die Stellenbosse saamtrek om internasionale kankeroorwinnaarsmaand te vier. Foto:

Credit: SYSTEM

Meer as 20 kankeroorwinnaars van Stellenbosch het die afgelope naweek ter viering van internasionale kankeroorwinnaarsmaand by die StellSORG-saal saamgetrek.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) vier saam met die res van die wêreld internasionale kankeroorwinnaarsdag in Junie.

Hoewel Kansa kankeroorwinnaars regdeur die jaar ondersteun, sê die Stellenbosse streeks-maatskaplike werker, Naomie Philander, was Saterdag 24 Junie ’n spesiale dag vir Stellenbosch-kankeroorwinnaars en ’n geleentheid om kankerpasiënte te erken.

“Ook die pasiënte wat nuut gediagnoseer is, behandeling ondergaan of in remissie is – op hierdie dag is erkenning gegee aan die moed en vasberadenheid wat dit verg om teen kanker te baklei,” voeg Philander by.

Sy sê kankeroorwinnaars moet tree vir tree op hul reis met kanker ondersteun word en hulle moet ook bemoedig word om nie die stryd teen kanker gewonne te gee nie.

“Aanvanklik moet hulle die skok van die diagnose verwerk en met hul geliefdes deel. Hulle moet ook die kort- en langtermyn-newe-effekte van hul behandeling leer baasraak.

“Dit is ook ’n geleentheid om mense met hoop te inspireer dat kanker wel oorwin kan word en om kankeroorwinnaars te herinner dat hulle nooit alleen is nie.”. Kontak jou naaste Kansa-sorgsentrum, of skakel die maatskaplike werker by Kansa, Naomi Philander, by 021 873 6358 of 061 209 9426 of stuur ’n e-pos-boodskap aan haar by nphilander@cansa .org.za vir ondersteuning.

You need to be Logged In to leave a comment.