Die Stellenbosch-krieketklub het Vrydagaand (11 April) sy beste spelers van die 2024-’25 seisoen by sy jaarlikse prysuitdeling vereer. Dié glansgeleentheid is die saal van St. Idas Primêr in Idasvallei aangebied is.
Peter Minnis (middel) is as die klub se sportman van die jaar bekroon. Hy het die toekenning van die klub president Clarence Paulse (links) en voorsitter Brian Minnis ontvang.Die veteraanspeler Brandon Layman (regs) het omtrent die pryse ingeryg en is met vier toekennings huis toe. Hy is as die eerstespan- Kolwer van die Jaar vereer en is ook as deur sy medespelers as mans- Speler van die Jaar verkies. Die eerstespan-kaptein, Curt Oliver, het ook die kapteinstoekenning aan Layman gegee en hy het ook die gesogte Speler van die Jaar-toekenning gewen. Jaco Kotze, eienaar van Puma Idasvallei en trotse borg van die klub, het een van die toekennings aan Lauman oorhandig.Tinita van Zyl is deur haar medespelers as die vrouespan se Speler van die Jaar verkies. Van Zyl het ook die prys as Bouler van die Jaar ontvang. Hayley Cornelissen, ‘n lid van die Krieket Boland-raad, het die prys vir Bouler van die Jaar aan Van Zyl oorhandig.Garth Pool (links) het die toekenning as die top- kolwer in die tweede span by die hoofafrigter, Donovan Hendrikse, ontvang.Adrian Adriaanse is die topkolwer in die derde span, bekend as die Mighty Thirds. Donovan Hendrikse het die prys aan hom oorhandig.Noah Muller (links) ontvang die toekenning vir beste bouler in die derde span by die afrigter, Taheer Fredericks.Josh Cupido (links) is as die beste bouler in die tweede span vereer. Die afrigter Taheer Fredericks het die toekenning aan hom oorhandig.Die hulpafrigter Taheer Fredericks (middel) het vanjaar die voorsitter’s toekenning ontvang. Hier staan hy met die ondervoorsitter Shirle Cornelissen (links) en die voorsitter Brian Minnis.Peter Cyster se vertonings met die bal het hom die prys as die beste bouler in die eerste span besorg. Fredericks het dié toekenning aan hom oorhandig.
You must be logged in to post a comment.