Stellenbosch-krieketklub (SKK) se eerste span het die afgelope naweek vir Essex-krieketklub van Clanwilliam in Stellenbosch vir ’n skamele 51 lopies uitgeboul om die wedstryd met 160 lopies te wen. Die Stellenbossers het die loot gewen en eerste gekolf en 211/10 aangeteken. Die tuisspan se boulaanval was veels te sterk vir die besoekers en het die Essex-kolwers vinnig terug paviljoen toe gestuur. SKK se tweede span het sy wedstryd teen Essex se naasbestes met een lopie gewen. Bo stuur die SKK-bouler Kieron October ’n aflewering af.Foto: Francois Lombard