Die Vriende van die Stellenbosch-museum hou Maandag 19 Junie hul jaarvergadering by Erfurthuis, Ryneveldstraat 37, om 18:00.
Die gasspreker by die geleentheid is Janine Myburgh, voorsitter van die Pniël Erfenis & Kultuurtrust (PEKT).
PEKT het die Pniël-museum, ’n gemeenskapsmuseum wat hierdie jaar sy tiende bestaansjaar vier, gestig en Myburgh sal met die gehoor deel hoe die museum tot stand gekom het, asook die struikelblokke wat die trust moes oorkom om hul droom van ’n eie museum te bewaarheid.
Die Pniël-museum het ook heelwat hoogtepunte gedurende die afgelope tien jaar bereik.
In 2016 het die trusteeraad van die Stellenbosch-museum en PEKT ’n samewerkingsooreenkoms onderteken.
Sedertdien is daar noue samewerking tussen die twee museums.
Myburgh sal ook met die gehoor meer oor die spesiale verhouding tussen die museums deel.
Almal is welkom om die jaarvergadering by te woon.
Vir meer inligting kontak asseblief die voorsitter van die Vriende van die museum, Ella Odendaal, by 021 887 2937.