Die Stellenbosch- Prestige Landbouwerker van die Jaar 2024-prysuitdeling is verlede week gehou. Plaaslike landbouwerkers van oor Stellenbosch heen het meegeding om as die top-agriwerkers aangewys te word. Die afdelingswenners van die aand was Riaano Julies (voorman), Galant Ockhuis (drywer), Anneka Pieters (administratiewe personeel), Magrieta Engelbrecht (algemene werker), Anastashia Fortuin (maatskaplike ontwikkeling), Denzil McKenny (besproeiingspesialis), Joseph Samuels (junior bestuur) en Barend Daniels (diereproduksie). Meer op bl. 4.Foto:Yaël Malgas