Die skoleondersteuningsentrum (SOS) se jaarlikse merietepryse in Gauteng was oorheers deur skole uit die drie Kaapprovinsies.
Skoolhoofde het Vrydag 25 Januarie by ’n spoggeleentheid in Centurion bymekaargekom waar hulle vir hul goeie prestasie vereer is.
Die Hoër Meisieskool Bloemhof was onder die vier topskole met die meeste onderskeidings. Bloemhof het 3,6 onderskeidings per kandidaat behaal – die meeste van die vier beste skole.
Paul Roos Gimnasium was ook onder die skole wat pryse by die geleentheid ontvang het.
Die SOS se matriekverslag word elke jaar ná die matriekeindeksamen se uitslae bekend gemaak en vorm die basis vir die pryse.
Die skole het erkenning ontvang vir die skool met die meeste onderskeidings in lewenswetenskappe, fisiese wetenskap, rekeningkunde, Afrikaans-huistaal en wiskunde. Nie alleen vir die totale aantal onderskeidings per skool nie, maar ook die gemiddelde onderskeidings per aantal kandidate. Hierdeur is kleiner skole nie gediskrediteer op grond van hulle lae aantal totale onderskeidings nie.
Volgens Hugo Vermeulen, hoof van opleiding by die SOS, het skole van ver gekom onder meer George, Paarl, Stellenbosch, Kaapstad, Malmesbury, Worcester en Kimberley om hul pryse te ontvang.
“Ons is baie trots op hierdie skole se prestasies. Veral op die vier topskole, wat toevallig, almal meisieskole is.”
Die vier topskole met die meeste onderskeidings per aantal kandidate geskryf, is:
V Hoër Meisieskool Bloemhof met 3,6 onderskeidings per kandidaatV Afrikaans Hoër Meisieskool met 3,5 onderskeidings per kandidaatV Hoër Meisieskool Paarl met 3,0 onderskeidings per kandidaatV Hoër Meisieskool La Rochelle met 2,6 onderskeidings per kandidaat
Ander Kaapse skole wat pryse ontvang het, is: Hoërskool Swartland Hoërskool Durbanville Hoërskool Gimnasium Paarl Hoërskool Stellenberg Hoërskool Montana, Hoërskool Parel Vallei,Paul Roos Gimnasium.