Dié kleikunswerke, ’n antieke oliekan, brandewyn-karaf en glasstel, deur die Stellenbosse kunstenaar Johan Swart vorm deel van die uitstalling van die SA Kleitoekennings. Foto: Amadea Yacumakis


Die Rust-en-Vrede galery en klei museum het, ter erkenning van keramiek uitnemendheid in Suid-Afrika, die eerste SA Klei Toekennings bekendgestel met die Stellenbosse kunstenaar Johan Swart onder die 45 finaliste.

Aangespoor deur sy aanvaarding as ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Akademie vir Keramiek (IAK), het die museum in Durbanville die bekendstelling van die eerste toekennings aangekondig, wat sy wenstukke van Saterdag 2 November tot Saterdag 2 Desember vir die eerste keer sal uitstal.

As ’n organisasie wat aan Unesco geaffilieer is en toegewy is aan keramiek uitnemendheid, is die IAK se erkenning gesien as ’n gepaste geleentheid om ’n nuwe tweejaarlikse toekenning en uitstalling voor te stel, ter erkenning van die rykdom van vaardigheid en talent in die Suid-Afrikaanse keramieklandskap.

Die toekennings vier meesterskap en kreatiwiteit in die veld. ’n Nuwe struktuur het beteken dat enigiemand kon inskryf en die top 50 stukke erken word eerder as ’n enkele wenner. Wat die toekennings uniek maak is dat die geborgde prysgeld ook gelykop tussen die skeppers van die finale keuses verdeel sal word.

Dit spreek tot die veelsydigheid van die medium. Met soveel maniere om ’n konsep deur klei te interpreteer, mee te werk en uit te druk, sou dit byna onmoontlik gewees het om een wenner te kies. “Ons was regtig tevrede met die verskeidenheid werk wat ingeskryf is. ’n Versameling stukke soos hierdie wys jou die wonder van klei, en wat klei kan doen,” sê Hennie Meyer, ’n kunstenaar en die kurator van die uitstalling.

Die visie was vir ’n uitstalling wat keramiek uitnemendheid sou vertoon en die essensie van die huidige toneel in Suid-Afrika sou vasvang. “Die konsep vir hierdie uitstalling het my lankal gefassineer – dit poog om ’n diverse, onbevooroordeelde versameling kleiwerke aan te bied wat verder gaan as die enkele perspektief van enige kurator of galery. ’n Beliggaming van uitnemendheid, rykdom, uitdrukking, konsep en vakmanskap,” voeg hy by.

’n Groep van 10 gerespekteerde internasionale en plaaslike paneellede – kundiges in hul velde – het verseker dat ’n wye reeks standpunte deel was van die beoordeling van die werke. Elke paneellid het hul top 50 stukke gekies, met die 50 mees gestemde stukke (deur 45 kunstenaars) wat die finale keuse vorm. Die beoordeling is anoniem gedoen, wat paneellede toegelaat het om werke te kies sonder enige kontak of oorleg met mekaar.

Stukke verskil grootliks in styl en uitvoering – ekspressiewe figuratiewe beeldhouwerke staan langs delikate funksionele houers en kontemporêre grafiese ontwerpe sit langs die ultra-minimale. Dit is ’n werklik veelsydige versameling wat volumes spreek oor die medium self, en die wye spektrum van kreatiwiteit plaaslik.

Plaaslike inwoners kan die stories en emosies wat deur elke uitstallingstuk oorgedra word, by die fasiliteit in Wellingtonweg, Durbanville, verken.

Vir meer inligting besoek www.rust-en-vrede.com.

You need to be Logged In to leave a comment.