Jaden Myburgh en Esther de Wet gr. 9-leerders aan Hoërskool Stellenbosch, verkoop die eerste kaartjie vir hul gholfdag aan Nicole Holm, ’n oudleerder van die skool.Foto:


Hoërskool Stellenbosch, wat vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier, se gholfdag is vandeesweek amptelik deur lootjieverkope van stapel te stuur.

Die eerste lootjie is aan die aktrise Nicole Holm verkoop.

Holm het pas die Kanna-prys vir beste vroulike byspeler vir die produksie Swerfgoed by vanjaar se KKNK ontvang. Sy het ook die regie behartig van Ons is almal freaks hier, wat die Kanna vir die beste teateraanbieding gewen het.

Holm, ’n oudleerder van Hoërskool Stellenbosch, sê sy is trots om die gholfdag, wat Vrydag 19 Oktober by Stellenbosch-gholfklub gehou word, te ondersteun.

Kontak Zani Willemse Bruwer by 0 021 887 3082 of 2 [email protected] vir nog besonderhede oor Hoërskool Stellenbosch se gholfdag.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article