Stellies presteer by Interskole

Vir die eerste keer in twee jaar het die skote vir Hoërskool Stellenbosch se interskole-atletiek weer teen die hange van Coetzenburg weergalm om ’n terugkeer na normale skoolsport te maak.


Vir die eerste keer in twee jaar het die skote vir Hoërskool Stellenbosch se interskole-atletiek weer teen die hange van Coetzenburg weergalm om ’n terugkeer na normale skoolsport te maak.

Ses skole het vanjaar aan die interskolebyeenkoms deelgeneem, waaronder Hoërskool Charlie Hofmeyr, Worcester Gimnasium, Jan van Riebeeck, Vishoek, en Curro Langebaan. Hoërskool Stellenbosch was die gasheerskool.

Die Stellies-atlete het besonder goed gevaar en op die dag ’n totaal van 76 medaljes gewen, waarvan 29 goud en ook in agt items die rekord verbeter.

Die rekords is deur Basti Bredell in hoogspring, Beyon Prins in die 800 m, Cay-Leigh Carolissen in die 800 m, 1500 m, en die 3 000 m, Wiaan Martin in die 200 m, Michael Prins in diskusgooi en Karli le Grange in spiesgooi verbeter.

Cay-leigh Carolissen is ook as gesamentlike senior victrix ludorum vir die dag aangewys.

Hoërskool Stellenbosch het aan die einde van die dag die algeheel tweede plek vir die atletiek behaal en ook die tweede plek vir die sang.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.