Hierdie leerders van Hoërskool Stellenbosch het aan die ATKV-tienertoneel se Durbanville-streekfees deelgeneem en ’n derde plek by die streekeindronde behaal met die produksie Donkievel, geskryf deur André Gerber en geregisseer deur Andrea Winckler en Janke Mostert. Hulle is ook een van 16 toneelstukke wat na die nasionale eindronde deurgedring het. Die ATKV-Tiernertoneel se eindronde vind in die Adam Small-teater in Stellenbosch plaas van 23 tot 28 September. Die leerders is Luke Swanepoel, Jani Badenhorst, Liebe Bester, Chumani Komsana, Werner Snyman, Shamonét Chalmers, Valerio Costa, Kyra Janse van Rensburg, Jeanne-Marié Koekemoer, Dieter Nieuwoudt, Emile Mostert, Anja Venter, Jan-Hendrik Basson, Johanelle Gerber, Olge Scholtz en Chris Young.