Stellies speel medaljes los op al wat verhoog is

Die 2016-toneelseisoen het vir die leerders van Hoërskool Stellenbosch ’n gulde geleentheid gegee om hul talente te wys.


Die 2016-toneelseisoen het vir die leerders van Hoërskool Stellenbosch ’n gulde geleentheid gegee om hul talente te wys.

Hierdie groepie van 8 leerders, onder leiding van hul regisseur, Ian van der Westhuizen, het sover aan drie feeste deelgeneem, naamlik die Hoërskool Namakwaland-toneelfees (op Springbok), die Klein Libertas-toneelfees asook die Hoërskool Durbanville-toneelfees.

Sover het die groep 19 goue, 13 silwer en 5 brons medaljes verower.

By die Hoërskool Namakwaland se toneelfees is Jana van der Merwe (graad 11) vir beste ondersteunende aktrise genomineer en Janke Mostert (graad 10) vir mees belowende aktrise.

Luke Swanepoel (graad 9) is by hierdie fees aangewys as beste ondersteunende akteur.

Die groep se volgende optrede is by die landwye ATKV-tienertoneelfees by Hoërskool Durbanville op 30 Augustus om 17:00.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.