Die tweede ronde ligawedstryde in die Premierliga van Krieket Boland het groot opwinding opgelewer, met twee derbystryde vir vier spanne van die Stellenbosch-streek.
Die Stellenbosch-krieketklub het in sy naelbytwedstryd teen die Coronations-krieketklub in Pniël geseëvier, terwyl die Maties-krieketklub ligte werk van die Van der Stel-krieketklub op Coetzenburg gemaak het. Die Victoriane was ook aan die wenkant in hul kragmeting met die Wellington-krieketklub.. Coronations t. Stellenbosch op Pniël-sportterrein
Stellenbosch 192/10 in 40 boulbeurte. (Brandon Layman 73*, Michael Copeland 52; Alfredo Adams 3/28, Frederick Hendricks 2/33, Danico Philemon 2/13).
Coronations 181/10 in 45.5 boulbeurte. (Julio Meyer 57, Rodwin September 20; Peter Cyster 4/33, Copeland 2/32).
Stellenbosch wen met 11 lopies.
. Victoriane t. Wellington op Pen Basson-ovaal, Wellington
Victoriane 184/10 in 42.4 boulbeurte. (Corby van Heerden 43, Connor Batt 28, James Kennedy 24, Ethan Cunningham 20; Tiaan Cloete 3/26, Roché du Plooy 2/29, Kieran Dreyden 2/43).
Wellington 130/10 in 28.2 boulbeurte. (Monilico Williams 38*, Junaid Cassiem 35, Marvin Booysen 21; Fayaad Daniels 5/6, Cunningham 3/23).
Victoriane wen met 54 lopies.
. Maties t. Van der Stel op Coetzenburg-ovaal
Maties 227/10 in 50 boulbeurte. (Riaaz Paleker 74, Salmaan Ajam 28, Ross Boast 26, Daniel Ristow 22; Divan Swanepoel 4/22, Riyaad Henry 4/24).
Van der Stel 166/10 in 41.5 boulbeurte. (Pieter Malan 34, Henry 22; Ristow 3/46, Caleb Prins 3/25).
Maties wen met 61 lopies.
Die komende naweek is dit ’n stryd tussen die studente, met Maties en Victoriane wat Saterdag 19 Oktober op die Tassies-ovaal in die enigste 50-boulbeurt-ligawedstryd kragte meet.
Die ander Stellenbosse spanne in dié liga skuif nou hul fokus na die T20- Premier- A-gemeenskapskompetisie – Coronations reis na die Pen Basson-ovaal om teen Wellington te speel, terwyl Van der Stel op Bergsig gasheer speel vir Robertson. Albei wedstryde begin om 14:00.
Stellenbosch geniet die naweek ’n loslootjie.
Ligawedstryde in die Kaapse Wynlande- suidelike liga (50 boulbeurte) begin ook Saterdag. Excelsior speel gasheer vir Spes Bona, terwyl Klapmuts op sy tuisveld teen Stellenbosch III te staan kom. Wemmershoek is in sy tuisdorp in aksie teen Franschhoek, en Van der Stel III sal op Bergsig die manne van Raithby die stryd aansê.