Een van Suid-Afrika se gunsteling koskompetisies, die Porcupine Ridge Pizzeria-uitdaging, keer terug vir ’n vierde keer om uit te vind wie die land se gunsteling pizzabakker, is soos deur verbruikers gestem.
In verlede jaar se hewige kompetisie, is die top plek herwin deur die 2021 wenner, Gino’s van Robertsham, nadat hulle in 2022 verloor het teen Ferdinando’s, een van Kaapstad se gewildste pizzerias.
Die Johannesburgse instelling het ook in 2023 hul 40ste herdenking gevier, ’n feit wat hul oorwinning nog soeter gemaak het! “Dit was ’n geweldige bevestiging van wat ons doen – om heerlike Italiaanse kos te voorsien wat met passie gemaak is en wat goeie waarde vir geld is. Wat die oorwinning nog soeter maak, is dat die publiek in die komeptisie stem, so dit bewys dat ons die regte ding vir ons kliënte doen,” het Gino Mazza (eienaar) gesê.
Die ander restaurante wat dit in die top-10 gemaak het, sluit in Gino’s (Stellenbosch), Osteria Rossa (Bedfordview), Ferdinando’s (Observatory), Mooiuitsig Kombuis (Groot Brakrivier), Piccola Rossa (Edenvale), Corlie’s Italian (Somerset-Wes), Julia’s Eatalian (Potchefstroom), Lucio’s Pizzeria (Northcliff) en Enzo Pizzeria Trattoria (Scottburgh).
“Verlede jaar se kompetisie was ’n ware stryd en die mededinging, hoewel fel, was ook baie vriendelik. Ons het nagenoeg 100 eetplekke gehad wat mekaar om die top prys uitgedaag het, insluitend mededingende susters, mededingende broers, splinternuwe instellings en 40-jaar oue restaurante, almal wat dit tot die top-10 gemaak het,” het Lynton Kaiser, die woordvoerder vir Porcupine Ridge, gesê.
“Wat ook wonderlik was van verlede jaar se uitdaging, was die provinsiale verteenwoordiging van restaurante wat deelgeneem het. Ons het instellings in byna elke provinsie van die land gehad wat deelgeneem het, wat dit ’n werklik nasionale kompetisie gemaak het. Dit was ook wonderlik om te sien hoe restaurante in plekke soos Groot Brakrivier, Potch en Somerset-Wes so goed gedoen het.”
Die goeie nuus is dat terwyl die meeste van verlede jaar se deelnemers weer hierdie jaar ingeskryf het, daar ook ’n aantal nuwelinge is wat gretig is om die gunstelinge uit die pad te stoot.
“Ons is vol vertroue dat daar meer inskrywings hierdie jaar sal wees en die kompetisie sal selfs meer intens wees terwyl dit steeds baie pret bly,” het Kaiser bygevoeg.
Die reëls bly dieselfde, met die publiek wat vir hul gunsteling plaaslike pizzeria stem via ’n toegewyde webwerf. Die restaurant met die meeste stemme sal as Suid-Afrika se gunsteling pizzeria gekroon word. Die wenners sal ook die uiteindelike spogregte sowel as wyn en bemarkingsmateriaal ter waarde van R40 000 ontvang.
’n Nuwe toevoeging hierdie jaar, is bykomende pryse vir al die top-10 restaurante, elk van wie R1 800 in koepons plus drie kaste wyn ontvang om aan hul top, Porcupine Ridge-verkopende bedieners toe te ken.
Daarbenewens kan verbruikers wat vir hul gunsteling plek stem, ’n weeklikse prys van ses bottels Porcupine Ridge-wyne en EarthFire pizza-bykomstighede wen, met een gelukkige kieser wat as Groot Prys Wenner aan die einde van die kompetisie gekies word en ’n EarthFire Tabletop Pizza-oond, pizza vir ’n jaar van hul gunsteling pizzeria, ter waarde van R2 000, en vyf kaste Porcupine Ridge-wyne ontvang, vir ’n gesamentlike waarde van R10 000.
Die kompetisie begin Sondag 1 September met die laaste dag van stemming wat Donderdag 31 Oktober is en die top-10 wat in November aangekondig word.
Restaurante wat belangstel om aan die Porcupine Ridge Pizzeria Challenge deel te neem, kan hul plaaslike Vinimark-verteenwoordigers kontak of ’n e-pos stuur na clarissa@boekenhoutskloof.co.za.