Ja, almal kla oor water en waterbeperkings. Beperk die watergebruik behoorlik. Stop die gebruik van boorgatwater, want waar gaan ons water kry as die damme regtig opdroog? Die enigste ander bron van drinkbare water is in die ondergrondse bronne in en om die dorp.
Of het die slim dorpsvaders dalk planne om ysberge in te voer of Valsbaai se water te ontsout?
Planne word mos gewoonlik uit nood gebore en nie omdat die heersers versiendheid aan die dag lê nie.