Stories met musiek by Daisy Jones Bar

In aanloop tot die bekendstelling Luna Paige se nuwe Afrikaanse album in April, bring dié Stellenbosse sanger en haar mede-musikante die gewilde produksie van haar Afrikaanse debuut-album Storielied weer tot lewe op die verhoog.


In aanloop tot die bekendstelling Luna Paige se nuwe Afrikaanse album in April, bring dié Stellenbosse sanger en haar mede-musikante die gewilde produksie van haar Afrikaanse debuut-album Storielied weer tot lewe op die verhoog.

Storielied is ’n versameling liedere wat deur die literatuur van bekende Afrikaanse kortverhaal- en romanskrywers geïnspireer is. Die opname van die album en DVD is in 2012 deur ClemenGold moontlik gemaak. Sedertdien het dit baie deure vir Paige oopgemaak– nie net by Afrikaanse kunstefeeste en taalgeoriënteerde aangeleenthede nie, maar ook in Nederland, waar sy sedert 2013 gereeld optree.

In 2024 – 12 jaar ná die bekendstelling van dié musiek – kom die Storielied-span weer op die verhoog bymekaar. Hier en daar is ’n noodgedwonge verandering aan die orkes se samestelling aangebring. Alle orkeslede is nietemin meesters op hul gebied.

Die musiek sal soos op die oorspronklike album opgevoer word. Gehoorlede kan ook uitsien na die opvoer van nuwe oorspronklike Afrikaanse liedere – spesifiek dié wat deur letterkunde geïnspireer is.

Storielied Reünie sluit ook uittreksels uit gunsteling- samewerkende musiekteaterproduksies waarby Paige betrokke was, in. Sy sal die verhoog met die mede-kunstenaars Nicole Holm en Frieda van den Heever asook Jamie Jupiter deel.

Die orkes bestaan uit Jonno Sweetman (tromme), Schalk Joubert (baskitaar), Willem Möller (kitaar), Holm, Lara Kinnear en Nathan Lewis (agtergrond-vokale), Anjulie Nock (tjello), Jan-Hendrik Harley (altviool), Annien Shaw (viool), Lilavan Gangen (perkussie en tabla-klanke), Muneeb Hermans (trompet) en Leon Albert Oosthuizen (trekklavier). Paige begelei haarself op elektroniese klavier en akoestiese kitaar en Van den Heever tree nie net as gaskunstenaar op nie, maar ook as regisseur.

  • Storielied Reünie is Sondag 25 Februarie by die Daisy Jones Bar in Stellenbosch op die verhoog. Die deure open om 15:00 en die vertoning begin om 17:00. Kaartjies wat vooraf deur Quicket gekoop word, kos R175 per persoon, of koop jou kaartjie teen R200 by die deur. Besoek www.lunapaige.com vir nog inligting.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.