Gewilde Straatmyl kry nuwe kampioen

Straatmyl kry nuwe kampioen


Die 13de Dagbreek-straatmyl het weer eens vir groot opwinding gesorg.

Die spannende mans- ope wedloop is deur Deon Lee Hendricks (4:05.22) gewen, met die verdedigende kampioen, Christopher Swart (4:06.72), kort op sy hakke. Hendricks het onlangs bekendheid verwerf met die kortfilm Langpad wat oor hom gemaak is.

In die vroue-afdeling het die Suid-Afrikaanse 5 000 m-kampioen, Kyla Jacobs, in ’n tyd van 4:54.11 gewen, terwyl die eerste vyf deelnemers in die skaatsplank-afdeling almal onder vier minute (’n droommyl) geëindig het.

Ekstra glans is met die verering van die legendariese atleet Danie Malan (wêreldrekordhouer in die 1 000 m 50 jaar gelede) aan die dag verleen. Ander legendariese atlete wat teenwoordig was, sluit in Dicky Broberg, Johan Fourie, Elana Meyer en Zola Budd. Die pretmyl-wedloop het weer eens die kreatiwiteit van die studente na vore gebring en ’n atmosfeer geskep wat nie elders te vinde is nie.

’n Groot getal skoolatlete het ook deelgeneem, met Josh Messina van Somerset College (4:19.69) en Erna-Mari Conradi van die Hoër Meisieskool Paarl (5:03.81) wat met hul pogings beïndruk het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.