Die Bloemhof Accelerando-koor is die afgelope naweek by die eindrondte van die Tygerberg Koorfees in die Kaapse stadsaal as die wenners in die afdeling vir meisieskore aangewys. Foto:


Die Hoër Meisieskool Bloemhof se musici het die afgelope naweek gehore met hul melodiese klanke bekoor en omtrent toekennings ingepalm.

Die Bloemhof Accelerando-koor het Vrydag 1 September die eindronde van die Tygerberg Eisteddfod in die Kaapse stadsaal op ’n hoë noot afgesluit toe hulle as die wenners in die afdeling vir meisieskore aangekondig is. Met ’n 94,43% het hulle ook die hoogste algehele punt ontvang. 

Stellenbosch

Die Bloemhof-strykorkes, Stringendo, is aangewys as die beste strykorkes by die Paarl Vallei-eisteddfod.
Stellenbosch

Die Bloemhof Accelerando-koor is die afgelope naweek by die eindrondte van die Tygerberg Koorfees in die Kaapse stadsaal as die wenners in die afdeling vir meisieskore aangewys. Foto:

“Ons het die beste terugvoer gekry wat ons nog in my 10 jaar by Bloemhof gehad het,” sê Marijke Roos, dirigent van die Bloemhof Accelerando-koor.

Dié engelstemme het die gehoor tot in vervoering gesing met “Bleak Winter” deur Andy Beck en die Kaapse stadsaal tot doodse stilte gesing met “Ave Maria”.

Die koor bestaan uit 76 lede en neem Maandag 18 September deel aan die All Girls’ Choir Festival in die St. George’s-katedraal in Kaapstad.

Die Bloemhof-musieklui se beker loop omtrent oor ná die Bloemhof-strykorkes, Stringendo, ook aangewys is as die beste strykorkes by die Paarl Vallei Eisteddfod. Stringendo bestaan uit 35 lede. Die beoordelaars was veral beïndruk met Stringendo se weergawe van die temalied van die videospeletjie Skyrim. Dit is ’n uitdagende stuk musiek wat Stringendo met oorgawe en uitstekende ensemblewerk uitgevoer het.

Stringendo en twee marimbagroepe tree Sondag 24 September met plaaslike musikante in Swellendam op.

You need to be Logged In to leave a comment.