Studente van die Universiteit Stellenbosch (US) het vandeesweek klasse ontwrig, die Neelsie-studentesentrum op horings geneem en die trappe van die administratiewe gebou beset in die hoop om onder meer verblyf te bekom en te registreer. Groot chaos het Donderdag 20 Februarie op kampus geheers toe studente klasse ontwrig en rekenaarlokale bestorm het. Die betogende studente is glo deur die US-studenteraad (SR) en die EFF-studentebeweging aangemoedig om in studentebetogings soos dié, wat reg oor die land by tersiêre instansies voortgaan, deel te neem. Foto: Yaël Malgas
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.