Het jou sakeonderneming onlangs ’n prys gewen of ’n mylpaal bereik?

Het jou onderneming in moeilike omstandighede – veral tydens die Covid-19-pandemie – ’n groot sukses geword of dalk na die plaaslike gemeenskap uitgereik om ’n verskil te maak?

Of het jou onderneming onlangs ’n spesiale geleentheid of jou werknemers gevier?

Het een van jou werknemers jou sakeonderneming se naam hoog gehou deur middel van deelname aan ’n kompetisie?

Eikestadnuus bied jou die geleentheid om ’n bietjie te spog en wil graag jou sakenuus, foto’s en prestasies op ons sakeblad publiseer.

Stuur jou foto’s, prestasies, sakenuus of navrae na Angelo Julies by angelo.julies@media24.com of bel hom by 063 748 5751.

You need to be Logged In to leave a comment.