‘Stylvolle’ ma oorlede

Stylvol en lief vir haar familie is hoe Christene Williams-Koopman onthou sal word.


Stylvol en lief vir haar familie is hoe Christene Williams-Koopman onthou sal word.

Williams-Koopman was ’n bekende in die gemeenskap voordat sy voorverlede Dinsdagoggend (24 Maart) ná ’n kort siekte in die ouderdom van 72 oorlede is.

Volgens haar geliefdes is dit met leedwese dat hulle afskeid neem van hul geliefde suster, ma, ouma, tannie en boesemvriendin.

Williams-Koopman is op 14 Junie 1952 in Stellenbosch gebore as die oudste dogter van Isak en Katy du Toit.

Nadat sy haar skoolloopbaan by St. Philliminas in Idasvallei voltooi het, het sy by verskeie plaaslike ondernemings gewerk. Sy het onder meer by I. L. Back Clothing Factory as ’n masjinis, by die La Femme-haarsalon en die Baumann Biscuit Factory gewerk. Haar laaste betrekking was by die Stellenbosch-hospitaal.

“Sy sal onthou word as ’n stylvolle vrou, wat graag na haar voorkoms omgesien het,” meen haar familie.

Williams-Koopman het drie kinders uit haar eerste huwelik gehad. Die jongste, Angus, het haar reeds ontval.

Sy word oorleef deur haar seun, dogter, 10 kleinkinders, haar broer en vier susters.

Williams-Koopman is reeds ter ruste gelê.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.