Taalstryd duur voort ná noodmaatreëls

Van bladsy 1.


Van bladsy 1

“Dit sou bykans onmoontlik wees om van dosente te verwag om in die betrokke omstandighede steeds alle nuwe leermateri­aal in Afrikaans en Engels beskikbaar te stel,” sê Viljoen.

Hy sê leermateriaal wat reeds in Afrikaans bestaan het, is egter steeds aan studente verskaf. Etlike Engelse podsendings is, volgens hom, ook in Afrikaans vertaal en assesserings is in Afrikaans en Engels beskikbaar en dosente is ten sterkste aanbeveel om die taalsentrum se dienste te benut.

“Die US se doelwit is nou, nadat alle Covid-19-inperkingsreëls opgehef is en alle studente en personeel uiteindelik na kampusse teruggekeer het vir volledige kontaklesings, tutoriale en onderrig in die lesinglokale, om te verseker dat ons ons werksaamhede en aktiwiteite op ons onderskeie kampusse so gou moontlik hervat.” Hy sê die US se doelwit is om ’n goeie en produktiewe oorgang te bewerkstellig van dít waaraan studente en personeel noodgedwonge in 2020 en 2021 oor ’n afstand en aanlyn gewoond moes raak, en dít wat nou weer vir die Universiteit as ’n residensiële universiteit van gehalte moontlik en belangrik is,” het Viljoen bygevoeg.

Prof. Deresh Ramjugernath, adjunk-visekanselier vir leer en onderrig, sê: “Met die verwydering van die streng maatreëls vir fisieke afstandhouding en ander regulasies wat met Covid-19 verband gehou het, en noudat ons na volle aangesig-tot-aangesig- leer en -onderrig in die klaskamer kan terugkeer, fokus die universiteit daarop om te verseker dat die 2021-taalbeleid ten volle ingevolge die implementeringsplanne van fakulteite en verantwoordelikheidsentrums toegepas word. Ons beweeg deur die taalbeleid saam vorentoe in die bevordering van meertaligheid binne ons instelling.”

Dr. Leon Schreiber, DA-LP, sê egter die DA sien ook uit na die Menseregtekommissie (MRK) se bevindings oor die DA se klagtes van verlede jaar nadat studente in koshuise en op kampus na bewering “verbied” is om Afrikaans te praat.

“Ons sal nie rus totdat geregtigheid in hierdie sake geskied nie.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.