Die eerste span van die Van der Stel-krieketklub is as die wenner van die Boland-gemeenskapsbeker gekroon ná sy oortuigende oorwinning teen sy eweknieë van die Vredenburg-Saldanha-krieketklub.
Die onoorwonne eerste span van die Van der Stel-krieketklub het met hul oorwinning teen die Young Peoples-krieketklub hul plek in die eindstryd van die Boland-gemeenskapsbeker (T20-kompetisie) verseker.