Hoërskool Stellenbosch het die tweede Maretha Burger-tennistoernooi die afgelope naweek suksesvol aangebied. Burger was ’n leerder by dié skool en het in 2020 gematrikuleer. Sy studeer tans sportbesering- en rehabilitasie-wetenskappe by die Liberty University in Amerika, en was in 2019 die o.18-nommer 1-speler in Suid-Afrika. In 2020 was sy nommer twee speler in SA vroue-tennis. Topskole in die omgewing is genooi om aan hierdie prestige-toernooi deel te neem. Hoër Jongenskool Paarl A/Hoër Meisieskool Paarl A het as wenners weggestap met Paul Roos A/Hoër Meisieskool Bloemhof A in die tweede plek en Paul Roos B/Hoër Meisieskool Bloemhof B in die derde plek. Die beste seunspeler was Willem de Waal (Paul Roos) en die beste meisiespeler was Kelly Coetzee (Hoër Meisieskool Paarl). Van links is Nina van Eeden, Willem de Waal, Mila Kotze, Peta Kruger, Peter Kotze en Charl Henningan.Foto: