Die plaaslike skoonheidskoningin en Hoërskool Cloetesville-leerder Kiarah Arnolds het die afgelope naweek verskeie pryse by die National Pageant Beauty-kompetisie verower. Kiarah (14) van Cloetesville het ses maande gelede die wêreld van modelwerk betree en die naweek verskeie toekennings ingeryg. Onder andere is sy as tweede prinses gekroon in die Global Beauty Queen SA-, Royal Beauty SA-, en National Beauty SA- én Ultimate Royal Queen-afdelings. Die twee groot pryse waarmee Kiarah weggestap het, was Jewel of SA en die Charity Queen-toekenning.


Talle pryse vir Kiarah

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article