Tasché en haar kitaarspeler, Frank Freeman, sal Vrydag 11 Maart ’n intieme maar kragtige vertoning van haar oorspronklike musiek by The Daisy Jones Bar by Summerhill-wynlandgoed in Stellenbosch lewer. Die spesiale vertoning sal die kragtige musikant, wenner van die derde reeks van The Voice SA, se nuutste enkelsnit, “Pappa Probleme”, insluit sowel as ander onuitgereikte liedjies wat nog nie in die openbaar gespeel is nie. “Pappa Probleme” word môre (Vrydag 25 Februarie) uitgereik en die musiekvideo sien op 11 Maart die lig