Altesaam 23 betogers is Maandag 21 Februarie in hegtenis geneem vir openbare geweld weens opsetlike beskadiging van eiendom. Dit volg nadat taxibestuurders van Khayamandi verskeie ingange in Stellenbosch versper het in ’n onwettig betoging. Dié betoging kom glo nadat ’n taxibestuurder van Khayamandi vroeër die dag weens uitstaande boetes in hegtenis geneem is. Twee taxi’s is deur die munisipale verkeersafdeling op beslag gelê. “Omstreeks 12:45 het taxibestuurders van Khayamandi begin betoog deur die openbare pad teen die R44 af te versper. Hulle het toe na die verkeersdepartement in Joubertstraat gery en voor die gebou betoog. Veiligheidsmagte is ontbied en die polisie sowel as die Pops-eenheid van die Paarl het aandag aan die klagte gegee,” het die polisiewoordvoerder kapt. Nathalie Martin, gesê. “Die polisie het nie onderhandel of oor enige ooreenkoms gepraat nie.” Die verdagtes sou na verwagting op 23 Februarie in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.Foto: