Alenor’s Catering het voorverlede Sondag (15 Oktober) ’n teetafel vir ’n groep vroue van die Dwarsrivier-gemeenskap voorberei.
Dié Lente-viering is op nasionale Tuindag gehou, met opwinding oor die seisoen wat voorlê en die vroue wat graag die natuur, buitelewe en tuinmaak geniet.
Alenor Pietersen, die eienaar van Alenor’s Catering en ’n inwoner van Pniël, reik graag na haar gemeenskap as lid van Dwarsrivier Toerisme uit.
Onder die vroue wat die geleentheid bygewoon en geniet het, was Alenor Pietersen, Felicia Hendericks, Mathilda Kruger, Miennie Lubbe, Magie Lewis, Elize Horton, Ada Plaatjies, Rene Adonis, Wilma van Berden en Elsie Cupido.