Eikestadnuus se elektroniese nuusbrief, wat elke Vrydagoggend verskyn, bied ’n nuwe manier om ons lesers in te lig.
Die nuusbrief is propvol lekkerlees-stories oor leefstyl-, vermaak- en kuns-nuus uit Stellenbosch en omliggende dorpe, en bied lesers ’n blik op geleenthede en nuusmakers in die koerant se verspreidingsgebied.
Dit is ’n bonus vir Eikestadnuus-lesers en word per e-pos versprei.
Die nuusbrief deel onder meer bruikbare wenke, foto’s van dié streek, raad, kompetisies, weggee-geleenthede, ’n dagboek met die fokus op lekker doendinge en ’n resep so af en toe.
Dit bied lesers ook verskeidenheid in bekendheid – ’n ideale toevoeging tot die koerant, sy webtuiste en Eikestadnuus se Facebook-blad – en is ’n inligtingfees.
Teken gerus op dié nuusbrief vir lesers en adverteerders in deur die skakel op Eikestadnuus se Facebook-blad te volg.
. Vir meer inligting oor hoe om in die nuusbrief te adverteer, kontak Tasmin Cupido via e-pos by tasmin.cupido@media24.com.