Teken in vir ons nuusbrief

Eikestadnuus het verlede Vrydag (10 Junie) sy eerste elektroniese nuusbrief van stapel gestuur – ’n nuwe manier om ons lesers in te lig. Die koerant se nuusbrief sal voortaan elke Vrydagoggend verskyn.

Die nuusbrief is propvol lekkerlees-stories oor leefstyl-, vermaak- en kuns-nuus uit Stellenbosch en omliggende dorpe, en bied lesers ’n blik op geleenthede en nuusmakers in die koerant se verspreidingsgebied.

Dit is ’n bonus vir Eikestadnuus-lesers en word per e-pos versprei.

Die nuusbrief deel onder meer bruikbare wenke, foto’s van dié streek, raad, kompetisies, weggee-geleenthede, ’n dagboek met die fokus op lekker doendinge en ’n resep so nou en dan. Dit bied lesers verskeidenheid in bekendheid – ’n ideale toevoeging tot die koerant, sy webtuiste en Eikestadnuus se Facebook-blad – en is ’n inligtingsfees.

Teken gerus op dié nuusbrief vir lesers en adverteerders in deur die skakel op Eikestadnuus se Facebook-blad te volg.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.