Eikestadnuus se elektroniese nuusbrief, wat elke Vrydagoggend verskyn, bied ’n nuwe manier om ons lesers in te lig.
Die nuusbrief is propvol lekkerlees-stories oor leefstyl-, vermaak- en kuns-nuus uit Stellenbosch en omliggende dorpe, en bied lesers ’n blik op geleenthede en nuusmakers in die koerant se verspreidingsgebied.
Dit is ’n bonus vir Eikestadnuus-lesers en word per e-pos versprei.
Die nuusbrief deel onder meer bruikbare wenke, foto’s van dié streek, raad, kompetisies, weggee-geleenthede, ’n dagboek met die fokus op lekker doendinge en ’n resep so af en toe.
Teken gerus op dié nuusbrief vir lesers en adverteerders in deur die skakel op Eikestadnuus se Facebook-blad te volg.