Trek jou tekkies aan hierdie Jeugdag vir ’n goeie doel en kom stap saam.


Die lengendariese voormalige Springbok rugbyspeler Tendai “Beast” Mtawarira gooi vanjaar sy volle gewig agter die Universiteit Stellenbosch (US) se jaarlikse staptog vir sosiale regtigheid op Jeugdag (Sondag, 16 Junie) in.

Prof. Thuli Madonsela, direkteur van die Sentrum vir Sosiale Geregtigheid, en prof. Wim de Villiers, US-Rektor en Visekanselier, gaan weer vanjaar die pas aangee vir ’n groep stappers om die 16 km vanaf die Stellenbosch-middedorp na Kylemore aan te durf om geld in te samel en bewustheid te skep vir studente se studieskuld.

In ’n vasberade poging om niemand agter te laat nie, is die #Action4Inclusion geldinvorderingsveldtog ? sleutel-komponent van die US se Bridge the Gap jaarlikse geldinsamelingsveldtog.

Die veldtog is deurslaggewend om studenteskuld te beëindig en studente se potensiaal te ontsluit om hulle in staat stel om aktief by te dra tot die land se ontwikkeling.

“Ondanks NSFAS-finansiering samel ons elke jaar geld in. Soms betaal ons geld uit ons eie sak om benadeelde studente op universiteit te hou. Hulle is die sogenaamde ‘missing middle’-studente. Aan die begin van die jaar het ons ’n ernstige verblyftekort in die gesig gestaar en was dit nodig dat ons self moes bydra om ’n paar skenkings aan te vul,” vertel Madonsela.

“Kom stap saam met ons en Tendai “Beast” Mtwarira op 16 Junie om geld in te samel om studenteskuld tot voordeel van ons studente uit te roei. Terwyl die regering finansiering vir hoëronderwys moet verbeter, moet ons ook ons ??deel bydra. In die gees van Ubuntu en ? verwante ekosisteembelegging, kom ons vat hande en verseker dat geen student agterbly nie,” voeg Madonsela by.

As deel van ’n geldsinsameling vir die #Action4Inclusion-veldtog bied hierdie geleentheid die kans om sosiale geregtigheid te ondersteun in die lig van die onstuimige verlede van die nasie, en poog ons om historiese ongeregtighede te erken en vars inspirasie, hoop en samewerking tussen alle belanghebbendes aan te moedig.

“Die jaarlikse staptog vir sosiale geregtigheid beliggaam ons gesamentlike verbintenis tot ’n regverdige en inklusiewe samelewing. Dit is ’n geldinsameling om studenteskuld te beëindig en ’n bewys van ons verbintenis tot sosiale geregtigheid, eenheid en die bemagtiging van alle studente. Saam kan ons die gaping tussen talent en finansiële behoeftes oorbrug en geleenthede skep vir elke student om hul volle potensiaal te bereik en by te dra tot die ontwikkeling van ons land,” het De Villiers gesê.

“Terwyl ons die paaie van Stellenbosch bewandel, onthou ons die ongeregtighede van die verlede en bevestig ons ons toewyding aan ’n toekoms waar elke individu kan floreer. Hierdie staptog is ’n bewys van die krag van eenheid, empatie en optrede in die oorbrugging van verdeeldheid en die bou van ’n gemeenskap waar almal kan behoort. Saam neem ons stappe na ’n beter, billiker toekoms. Sluit by ons aan vir die #Action4Inclusion Staptog vir Sosiale geregtigheid, ’n kragtige reis van refleksie en hoop.”

Tendai is nou ook een van die lede van die Raad van Sosiale Geregtigheidskampioene as deel van die Musa-plan. Hy is ? internasionale figuur en was sewentien jaar lank ’n professionele atleet. Sy grootte en krag het hom die bynaam ‘Beast’ besorg. Hy was die Haaie se speler met die meeste wedstryde op sy kerfstok en is die mees bekroonde Springbokstut. As ? wenner op baie gebiede, plaaslik en internasionaal, het hy die kans gehad om een van wêreldsport se mees gesogte pryse te help verower: die 2019 Rugby Wêreldbeker-trofee.

Die staptog begin om 08:00 vanaf die Alumni-klubhuis, Die Stal by Coetzenburg. Om deel te neem, koop jou kaartjies (R500) by Quicket.

Vir navrae, kontak Thembalethu Seyisi by tseyisi@sun.ac.za of 072 785 3218.

You need to be Logged In to leave a comment.