Tennis is ook ’n spansport

Laerskool Eikestad het hulle oorheersing van die Eikestad-dubbelstoernooi voortgesit.


Laerskool Eikestad het hulle oorheersing van die Eikestad-dubbelstoernooi voortgesit.

Hul o.13-span het vir die tweede jaar agtereenvolgens en die vyfde keer in 6 jaar die toernooi gewen.

Die o.11-span het tweede geëindig in die toernooi wat die afgelope naweek in Stellenbosch plaasgevind het.

Agt skole het aan hierdie toernooi deelgeneem. Dit sluit onder meer Laerskool Stellenbosch, Rhenish Primary, Paarl Gimnasium, Laerskool De Hoop, Gene Louw, Laerskool Eversdal en Laerskool Durbanville in.

Albei ouderdomsgroepe se finale is tussen Laerskool Eikestad en De Hoop beslis.

Laerskool De Hoop se span het sterk weerstand gebied en nadat die wedstryde gelykop was, is die uitslag op grond van spelle bepaal.

Die speltelling was 36-35 in Eikestad se guns.

De Hoop het die o.11-kompetisie gewen.

“Die dubbelstoernooi bied die geleentheid om van ’n individuele sport ’n spansport te maak.

“Die tennis is van uitstekende gehalte en dit is ’n voorreg om te sien watter tennistalent al hierdie kinders ontvang het,” sê Anja Nänny, organiseerder van die toernooi.

Die toernooi is opgedra aan Gerrie Berner wat ’n groot impak op die tenniskultuur in Stellenbosch gehad het en onlangs oorlede is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.