Die jaarlikse Zest Fruit Gerrie Berner-toernooi word vanjaar vir die 17de keer deur Paul Roos Gimnasium aangebied.

Dié toernooi vind van 17-19 Februarie plaas. Paul Roos se eerste tennisspan het deur die jare sy staal gewys en verlede jaar die titel vir die vierde agtereenvolgende jaar gewen deur Grey College in die eindstryd met 4-0 af te ransel.

Paul Roos word deur Ernst Gouws, Johan van Wijk, Stephen Claassen, Willem de Waal, Leonardo Sola, Echard de Kock en Jake Downie verteen­woordig. Gouws is ook die nommer­eenspeler op die Tennis Suid-Afrika se o.18-ranglys.

Die skole wat vanjaar gaan deelneem, is Paul Roos Gimnasium, Grey College, Waterkloof, Afrikaanse Hoër Seunskool, Kearsney College, Clifton High, Oakdale, ëHoërskool Stellenbosch, Paarl Hoër Jongenskool, King Edward School en St. Stithians.

You need to be Logged In to leave a comment.