Tennisspelers loop met trofeë weg

Tennisspelers loop met trofeë weg


Vir die vierde agtereenvolgende jaar is die Hoër Meisieskool Bloemhof die wenner van die CR van der Merwe-tennistoernooi se vroueafdeling. Dié toernooi word deur Curro Durbanville aangebied en die meisies van Bloemhof se tweede span het ál hul wedstryde gewen – al moes hulle teen ander eerste spanne meeding. Karli Roux (gr.11) is as speler van die toernooi aangewys. Nóg ’n veer in die Bloemhofhoed is die o.14-tennisspan se oorwinning in die Agnes Pauw-o.19-tennistoernooi wat in Moorreesburg plaasgevind het. Hiér het die jong Bloemhoffers hul ouer teenstanders uitgestof om vir die derde agtereenvolgende jaar dié trofee te verower. Die tennisspelers is Janke-Martine Viljoen, Katrien Booysen, Anandie de Waal, Carisa Liebenberg, Lara Steenkamp, Carli Kruger, Karli Roux, Zahn Rossouw, Zanne Roothman en Annika Kruger. Afwesig: Lara Ehlers. Foto: Stephan Meyer
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.