Tennistoernooi lok bestes

Die Hoërskool Stellenbosch het voorverlede naweek gasheer vir die eerste Maretha Burger-o.15-tennistoernooi gespeel waar altesaam agt van die land se top-tennisskole in gemengde seuns- en meisiespanne meegeding het.

Die stryd was taai, maar op die ou einde is die Hoër Jongenskool Paarl/ Hoër Meisieskool Paarl se gemengde A-span as die wenners gekroon.

Die ander skole wat deelgeneem het, is Paul Roos Gimnasium, Hoër Meisieskool Bloemhof, Rhenish Girls’ High, Paarl Gimnasium, La Rochelle en Hoërskool Stellenbosch.

Pieter Kotze van Paul Roos Gimnasium en Carli Kruger van die Hoër Meisieskool Bloemhof is onderskeidelik as die beste seun- en meisiespeler van die toernooi aangewys.

Maretha Burger het in 2020 aan Hoërskool Stellenbosch gematrikuleer, en speel tans professionele tennis in die VSA. Die toernooi is na haar genoem omdat sy in 2020 die top- o.19-tennisspeler in Suid-Afrika was.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.